Vrugbaarheid

Die SA Braford beskou vrugbaarheid as die enkel belangrikste eienskap waarvoor geselekteer moet word. Vrugbaarheid word in beide bulle (skrotum omtrek) sowel as koeie en verse (tussen kalfperiode en ouderdom van eerste kalf) gemeet.


Professioneel

Lede van die SA Braford telersgenootskap maak gebruik van professionele keurders om diere te selekteer. Streng seleksie normes word deurgaans gevolg. Die Braford kan dus as ‘n uiters funksioneel doeltreffende dier geklassifiseer word. Die Indicus komponent (Brahman) van die ras verseker verder dat die Braford nie gevoelig is vir die son nie en het die ras nie meer oog probleme as ander rasse nie.

Join us on Facebook